top of page

Loopbaanontwikkeling - Aanlegtoetse & Vakkeuses

Tue, Jul 31

|

Ceres, 6835, South Africa

Die doel van hierdie loopbaantoetse is om inligting oor verskeie aanlegte van u kind te verskaf met die oog daarop om u kind te ondersteun met vakkeuses en moontlike beroepskeuses.

Registration is Closed
See other events
Loopbaanontwikkeling - Aanlegtoetse & Vakkeuses
Loopbaanontwikkeling - Aanlegtoetse & Vakkeuses

Time & Location

Jul 31, 2018, 3:00 PM – 5:00 PM

Ceres, 6835, South Africa

About the event

Is jy tussen Graad 10-12 en onseker oor watter loopbaanrigting om te volg? Of is jy dalk Graad 8 of 9 en moet vakke kies wat jou toekoms kan bepaal? Ons dienste help jou om 'n ingeligte besluit te neem rakende jou toekoms.

Vir antwoorde op hierdie vrae kan jy die loopbaanontwikkelingstoetse aflê. Ons toets leerders wat die stap van laer-na hoërskool neem en moet besluit oor watter vakke hulle gaan neem asook voornemende Graad 12 leerders wat 'n beroepskeuse moet maak.

Elke sessie bestaan uit 'n informele gesprek met die ouers en leerders asook 'n professionele verslag van die leerder se toetsing.

Ons toets die volgende:

- Loopbaanverkennings-toets: Dit is 'n elektroniese toets in Afrikaans wat leerders se belangstelling bepaal deur 'n kombinasie van 104 moontlike vrae. Ons kan dan deur die toets die top 3 loopbaanvelde identifiseer. Bv. Ingenieurswese, Regte, Bestuurswese. Daarna stel ons spesifieke beroepe binne elke loopbaanveld vas.

- Loopbaaninligting op grond van bg. assessering: Ons stel dan 'n verslag saam wat elke leerder se top 3 beroepe omskryf. Die voordele en nadele van elke beroep, watter instansies bied die kursus aan en wie is die moontlike werkgewers van elke beroep.

- Persoonlikheidstoets: Deur hierdie toets bepaal ons watter tipe persoonlikheid die leerder het. Is hy/sy taak of mens gefokus? Wat sal die leerder gelukkig maak langtermyn? Om met mense te werk of om op projekte te fokus? Dit help ons verder om na spesifieke beroepe te kyk asook om vakkeuses te maak. (Dis die DISC en RIASEC-Toets 'n Amerikaans gebasseerde toets)

- Inligting rakende Tersiêre studieprogramme: Nadat die top 3 beroepe vas gestel is, kyk ons na die toelatingsvereistes vir die spesifieke tersiêre programme. (Vakkeuses, Akademiese vermoës)

- Akademiese vermoë word vasgestel. (numeries, taal etc.)

- Graad 9 Vakkeuses: Hulp met watter vakke om te kies volgens belangstelling, moontlike loopbaanrigting en loopbaanveld asook akademiese vermoë.

Vir enige navrae kontak Anshon by 082 708 5272 of stuur 'n e-pos na anshon@youngcareercoach.com

Tickets

  • Loopbaanontwikkeling

    Ons toets leerders wat die stap van laer-na hoërskool neem en moet besluit oor watter vakke hulle gaan neem asook voornemende Graad 12 leerders wat 'n beroepskeuse moet maak.

    ZAR 750.00
    Sale ended

Total

ZAR 0.00

Share this event

bottom of page