top of page

Graad 10-12 Loopbaanontw.

Beroepskeuse Graad 10, 11, 12

1 h 30 min
650 South African rand
Plek sal gekommunikeer word.

Service Description

Hierdie toets is vir voornemende Graad 12 leerders asook studente wat 'n beroepskeuse moet maak. Elke sessie bestaan uit 'n informele gesprek met die ouers en leerders asook 'n professionele verslag van die leerder se toetsing wat die volgende insluit: Ons toets die volgende: - Loopbaanverkennings-toets: Dit is 'n elektroniese toets in Afrikaans wat leerders se belangstelling bepaal deur 'n kombinasie van 104 moontlike vrae. Ons kan dan deur die toets die top 3 loopbaanvelde identifiseer. Bv. Ingenieurswese, Regte, Bestuurswese. Daarna stel ons spesifieke beroepe binne elke loopbaanveld vas. - Loopbaaninligting op grond van bg. assessering: Ons stel dan 'n verslag saam wat elke leerder se top 3 beroepe omskryf. Die voordele en nadele van elke beroep, watter instansies bied die kursus aan en wie is die moontlike werkgewers van elke beroep. - Persoonlikheidstoets: Deur hierdie toets bepaal ons watter tipe persoonlikheid die leerder het. Is hy/sy taak of mens gefokus? Wat sal die leerder gelukkig maak langtermyn? Om met mense te werk of om op projekte te fokus? Dit help ons verder om na spesifieke beroepe te kyk asook om vakkeuses te maak, indien nodig. (Die DISC en RIASEC-Toets 'n Amerikaans gebasseerde toets) Dis ook baie waardevolle inligting vir ouers en onderwysers wat met die leerder werk/leef. - Inligting rakende Tersiêre studieprogramme: Nadat die top 3 beroepe vas gestel is, kyk ons na die toelatingsvereistes vir die spesifieke tersiêre programme.


Contact Details

27827085272

youngcareercoach@gmail.com

22 Porter Street, Ceres, 6835, South Africa


bottom of page